DAAR is 'n beskeie (en verbasend subversiewe) geskiedenis van elektroniese musiek in Suid-Afrika. 'n Mens dink aan Roelof Temmingh se Selle (1980) wat destyds deur die SAUK aangevra is maar nooit uitgesaai is nie -- vermoedelik omdat Breyten Breytenbach se stem in die elektroniese montage gebruik is.
As jong man het Temmingh gaan studeer by een van die grootste elektroniese eksperimentaliste in Darmstadt, Karlheinz Stockhausen. Stockhausen het Suid-Afrika in die vroeg-sewentigerjare as 'n spesiale gas van die SAUK besoek, waar hy lewende radio-lesings oor sy musiek aangebied het. Tydens een van hierdie uitsendings het hy begin praat oor hoe musikale materiaal saamsmelt en het hy verklaar dat integrasie eerder as suiwer musikale essensies nagestreef moes word. Dinge kon net interessant word wanneer dit begin vermeng, aldus Stockhausen. 'n Bron van daardie tyd vertel hoe 'n belangrike SAUK-amptenaar benoude bewegings met sy wysvinger teen sy keel begin maak het ("Sny! Sny!") in die rigting van die kontolekamer. Daar is egter 'n blinde oog na hom gekeer , en die uitsending het ongesteurd voortgegaan.
Hierdie anekdote laat 'n mens dink aan die "vloei" en vermenging waarvan J.M. Coetzee skryf in sy opstel oor die apartheids-akademikus Geoffrey Cronjé in "Giving Offense: Essays on censorship". En aan 'n ander elektroniese eks periment in 1958, toe die Nederlandse komponis Henk Badings 'n radiofoniese opera in Suid-Afrika kom aanbied het geskoei op 'n libretto van N.P. Van Wyk Louw. Asterion is die verhaal van 'n jong magiër wat alle beweging en lewe gestol het in rein en suiwer vorm. Water het opgehou vloei, en tyd ook. Uiteindelik moes hy sterf sodat (sterflike) lewe herstel kon word.
Die Universiteit van Natal is een van slegs twee tersiêre musiekinstellings waar "elektroniese" musiek in SuidAfrika vandag ernstig gekomponeer word (die ander is Stellenbosch, waar Theo Herbst se sistematies-intellektuele belangstelling in tegnologie 'n ander moontlikheid as die meer speels-eklektiese Natal-praktyk daarstel). Tesame met sy oud-leermeester, die Stuttgartgebaseerde Ulrich Süsse, het prof. Jürgen Bräuninger van Natal in 2003 'n CD laat verskyn getiteld Limes X plus one (dml-records CD-018). Limes X is 'n triovan Patrick Bebelaar (klavier), Fank Kroll (saxofoon en basklarinet) en Bernd Settelmeyer (perkussie). Die "plus one" van die titel verwys na Süsse in die komposisie waaraan die titel van die CD ontleen is.
Die enigste ander komposisie op die CD is "anywhere far" van 1991, 'n kollaboratiewe projek tussen Bräuninger en Süsse. Die elektro-akoestiese opnamemateriaal van dié komposisie is SuidAfrikaans van oorsprong: musiekinstrumente soos die timbila, mbira, koedoehoring; omgewingsgeluide soos branders, insekte, voëls; en 'n fragment van 'n toespraak deur Nise Malange by die eerste Kultuurkongres van Kwazulu-Natal in Durban in 1991.
In die komposisie word gepoog om die Afrika-klanke met Europese klanke te vermeng (terug by vermenging) deurdat Limes X op die opgeneemde klanke kommentaar lewer, terwyl hulle ook die grafiese partituur van Jürgen Kleinmann wat verskyn op die CD-omslag en in die CD-notas improvisatories te realiseer. Die opnames is gemaak in die Gerald Lapierre Studio van die Universiteit van Natal en die Studio für Elektronische Musik der Musikhochschule Stuttgart in samewerking met Matthias Schneider.
Limes X is 'n uitstekende trio wat 'n musikale ruimte inklee tussen 'n radikale musikale fragmentasie en jazz-improvisasie. "anywhere far" is 'n sewedelige werk en die elektronies-gemanipuleerde klanke word telkens eerste gerangskik. Die instrumentaliste van Limes X neem as yl agtergrondskommentaar deel, waarna elke deel eindig met 'n sessie waarin die instrumentaliste alleen optree. Die patroon verander van deel vyf, en die twee musikale klankgroepe integreer meer. Steeds genotvolle musiek, wat in 1991 ook 'n gekontesteerde politieke visie van vermenging en deregulasie sou wees.
Die Burger, Maandag 27 September 2004, p8
News:
Notizen von Unterwegs
Aktuell: 20.10.2012
Bebelaar | Favre | Lenz | Kroll
Reflection in your Eyes
Bebelaar | Klink | Godard | Murgia | Rizzo - Stupor Mundi
Klink / Bebelaar info
www.wielandshoehe.de
Konzerte:
27.7.2015 Bebelaar / Klink, Vaihingen an der Enz
21.8.2015 Bebelaar / Godard, Jazzfestival St. Pölten (AUS)
3.9.2015 Bebelaar / Christoph Beck, Merlingen Beatus (CH)
4.9.2015 Bebelaar / Joos / Lenz, Darmstadt 18.9.2015 Bebelaar / Joos / Lenz, Passau BR-Mitschnitt
21.9.2015 Bebelaar SOLO, Meran
22.9.2015 Bebelaar SOLO, Meran
24.9.2015
25.9.15 Baby Sommer / Godard / Bebelaar, Jazzschmiede Düsseldorf
26.9.15 Baby Sommer / Godard / Bebelaar, Tufa Trier
27.9.15 Bebelaar / Joos Lenz, Badisches Landestheater Karlsruhe
2.10.15 Bebelaar / Lenz/ Kroll, Fulda
3.10.15 Bebelaar / Kroll feat. Baby Sommer Theaterhaus Stuttgart
4.10.15 Bebelaar / Joos / Lenz, Frankfurt, Brotfabrik
6.10.15 Bebelaar / Joos Lenz, Theater Spitalhof, Leonberg
16.10.15 Bebelaar / Joos / Lenz, Hessische Landesvertretung, Berlin
19.10.15 Bebelaar / Joos / Lenz, Bruckner Haus, Linz (AUS)
23.10.15 Bebelaar / Joos / Lenz, Jazzweekend Fellbach, großes Haus, Orfeo-Keller
25.10.15 Bebelaar / Klink / Budziat, Möglingen Bürgerhaus, 17:00h
26.10.15 Bebelaar / Klink, Bietigheim
3.11.15 Bebelaar / Joos Lenz, Enjoy Jazz, Mannheim
8.11.15 Bebelaar / Klink / Lenz, Neuburg Birdland – BR-Mitschnitt
9.11.15 Bebelaar / Klink, Nationaltheater Mannheim
13.11.2015 Bebelaar SOLO, Kulturtreff Untertürkheim
29.11.2015 Bebelaar / Klink, Balingen Stadthalle
13.12.2015 Bebelaar / Klink, Pforzheim, Österfeld
24.1.2016 Bebelaar / Klink, Darmstadt Centralstation
14.2.2016 Bebelaar / Klink, Ludwigsburg
1.3.2016 SOLO, Beatus; Merlingen (CH)
13.3.2016 Bebelaar / Klink, Waagenhallen Stuttgart