DAAR is 'n beskeie (en verbasend subversiewe) geskiedenis van elektroniese musiek in Suid-Afrika. 'n Mens dink aan Roelof Temmingh se Selle (1980) wat destyds deur die SAUK aangevra is maar nooit uitgesaai is nie -- vermoedelik omdat Breyten Breytenbach se stem in die elektroniese montage gebruik is.
As jong man het Temmingh gaan studeer by een van die grootste elektroniese eksperimentaliste in Darmstadt, Karlheinz Stockhausen. Stockhausen het Suid-Afrika in die vroeg-sewentigerjare as 'n spesiale gas van die SAUK besoek, waar hy lewende radio-lesings oor sy musiek aangebied het. Tydens een van hierdie uitsendings het hy begin praat oor hoe musikale materiaal saamsmelt en het hy verklaar dat integrasie eerder as suiwer musikale essensies nagestreef moes word. Dinge kon net interessant word wanneer dit begin vermeng, aldus Stockhausen. 'n Bron van daardie tyd vertel hoe 'n belangrike SAUK-amptenaar benoude bewegings met sy wysvinger teen sy keel begin maak het ("Sny! Sny!") in die rigting van die kontolekamer. Daar is egter 'n blinde oog na hom gekeer , en die uitsending het ongesteurd voortgegaan.
Hierdie anekdote laat 'n mens dink aan die "vloei" en vermenging waarvan J.M. Coetzee skryf in sy opstel oor die apartheids-akademikus Geoffrey Cronjé in "Giving Offense: Essays on censorship". En aan 'n ander elektroniese eks periment in 1958, toe die Nederlandse komponis Henk Badings 'n radiofoniese opera in Suid-Afrika kom aanbied het geskoei op 'n libretto van N.P. Van Wyk Louw. Asterion is die verhaal van 'n jong magiër wat alle beweging en lewe gestol het in rein en suiwer vorm. Water het opgehou vloei, en tyd ook. Uiteindelik moes hy sterf sodat (sterflike) lewe herstel kon word.
Die Universiteit van Natal is een van slegs twee tersiêre musiekinstellings waar "elektroniese" musiek in SuidAfrika vandag ernstig gekomponeer word (die ander is Stellenbosch, waar Theo Herbst se sistematies-intellektuele belangstelling in tegnologie 'n ander moontlikheid as die meer speels-eklektiese Natal-praktyk daarstel). Tesame met sy oud-leermeester, die Stuttgartgebaseerde Ulrich Süsse, het prof. Jürgen Bräuninger van Natal in 2003 'n CD laat verskyn getiteld Limes X plus one (dml-records CD-018). Limes X is 'n triovan Patrick Bebelaar (klavier), Fank Kroll (saxofoon en basklarinet) en Bernd Settelmeyer (perkussie). Die "plus one" van die titel verwys na Süsse in die komposisie waaraan die titel van die CD ontleen is.
Die enigste ander komposisie op die CD is "anywhere far" van 1991, 'n kollaboratiewe projek tussen Bräuninger en Süsse. Die elektro-akoestiese opnamemateriaal van dié komposisie is SuidAfrikaans van oorsprong: musiekinstrumente soos die timbila, mbira, koedoehoring; omgewingsgeluide soos branders, insekte, voëls; en 'n fragment van 'n toespraak deur Nise Malange by die eerste Kultuurkongres van Kwazulu-Natal in Durban in 1991.
In die komposisie word gepoog om die Afrika-klanke met Europese klanke te vermeng (terug by vermenging) deurdat Limes X op die opgeneemde klanke kommentaar lewer, terwyl hulle ook die grafiese partituur van Jürgen Kleinmann wat verskyn op die CD-omslag en in die CD-notas improvisatories te realiseer. Die opnames is gemaak in die Gerald Lapierre Studio van die Universiteit van Natal en die Studio für Elektronische Musik der Musikhochschule Stuttgart in samewerking met Matthias Schneider.
Limes X is 'n uitstekende trio wat 'n musikale ruimte inklee tussen 'n radikale musikale fragmentasie en jazz-improvisasie. "anywhere far" is 'n sewedelige werk en die elektronies-gemanipuleerde klanke word telkens eerste gerangskik. Die instrumentaliste van Limes X neem as yl agtergrondskommentaar deel, waarna elke deel eindig met 'n sessie waarin die instrumentaliste alleen optree. Die patroon verander van deel vyf, en die twee musikale klankgroepe integreer meer. Steeds genotvolle musiek, wat in 1991 ook 'n gekontesteerde politieke visie van vermenging en deregulasie sou wees.
Die Burger, Maandag 27 September 2004, p8
News:
Notizen von Unterwegs
Aktuell: 16.12.2011

Bebelaar / Godard
Aktuelle CD "Dedications"
Info Presse

Klink / Bebelaar info
www.wielandshoehe.de
Booking: tomprodukt.de
Konzerte:
11.12.2011 Bebelaar / Settelmeyer / Naoum, Merlingen – Schweiz
12.12.2011 Bebelaar / Settelmeyer / Naoum, Merlingen – Schweiz
13.12.2011 Bebelaar / Settelmeyer / Naoum, Merlingen – Schweiz
13.12.2011 Bebelaar, SOLO, SWR-Fernsehaufzeichnung, Baden-Baden
14.12.2011 Bebelaar / Settelmeyer / Naoum, Merlingen – Schweiz
15.12.2011 Bebelaar / Settelmeyer / Naoum, Merlingen – Schweiz
18.12.2011 Bebelaar / Klink, Pforzheim, Kulturhaus Osterfeld
26.12.2011 Bebelaar / Godard – Bebelaar / Klink, Dieselstrasse Esslingen
8.1.2012 Bebelaar / Klink, Oberschwaben Schwendi
15.1.2012 Bebelaar / Klink, Schorndorf, Manufaktur
21.1.2012 Bebelaar / Fonda / Joos, Kulturtreff Untertürkheim
22.1.2012 Bebelaar / Fonda / Joos, Schulzentrum Weil der Stadt
24.1.2012 Bebelaar / Naoum, Literaturhaus Stuttgart
4.2.2012 Bebelaar / Naoum, "Oceano" Punta del Hidalgo, Teneriffa
5.2.2012 Bebelaar / Naoum, "Oceano" Punta del Hidalgo, Teneriffa
6.2.2012 Bebelaar / Naoum, "Oceano" Punta del Hidalgo, Teneriffa
7.2.2012 Bebelaar / Naoum, "Oceano" Punta del Hidalgo, Teneriffa
8.2.2012 Bebelaar / Naoum, "Oceano" Punta del Hidalgo, Teneriffa
9.2.2012 Bebelaar / Naoum, "Oceano" Punta del Hidalgo, Teneriffa
10.2.2012 Bebelaar / Naoum, "Oceano" Punta del Hidalgo, Teneriffa
12.2.2012 Bebelaar / Klink, Klinik Löwenstein
13.2.2012 Bebelaar / Klink, Staatstheater Mannheim
18.2.2012 Bebelaar / Kroll, Petrozawodsk (Russland)
19.2.2012 Bebelaar / Kroll, Petrozawodsk (Russland)
3.3.2012 Bebelaar / Godard feat. Frank Kroll, Schorndorf
4.3.2012 Bebelaar / Godard, Laichingen, Altes Rathaus
5.3.2012 Bebelaar / Klink, Gaggenau
8.3.2012 Bebelaar / Godard, Bayreuth JazzClub
10.3.2012 Bebelaar / Godard, Villingen – Schwenningen, Jazz Club
12.3.2012 Bebelaar / Godard, Karlsruhe, JazzClub
13.3.2012 Bebelaar / Godard, Alte Feuerwache Mannheim
18.3.2012 Bebelaar / Klink / Droste, Stuttgart – Wagenhallen
25.3.2012 Bebelaar / Klink, Friedrichshafen, Bahnhof Fischbach
26.3.2012 Bebelaar / Klink, Konstanz, Il Boccone
31.3.2012 Bebelaar / Joos / Lenz, Cave 61 – Heilbronn
1.4.2012 Bebelaar / Klink, Foyer der Stadthalle Singen
21.4.2012 Bebelaar / Fonda / Joos, Jazzfestival-BW, Reutlingen Mitte
22.4.2012 Bebelaar / Klink, Kleinheubach
5.5.2012 Bebelaar / Joos / Lenz, Frankfurt, Roman Fabrik
14.5.2012 Bebelaar / Klink, Böblingen, Aula des Albert-Einstein-Gymnasiums
31.5.2012 Bebelaar / Godard, Konstanz JazzClub
25.6.2011 Bebelaar / Klink / Droste, Rheinfall-Festival
22.7.2012 Bebelaar / Godard / Gavino / Klink / Rizzo, Kloster Lorch
23.7.2012 Bebelaar / Godard / Gavino / Klink / Rizzo, Ludwigsburger Schlossfestspiele
14.10.2012 Bebelaar / Klink, Echterdingen, Theater um 4
15.10.2012 Bebelaar / Klink, Baden-Baden, Rantastic
10.11.2012 Bebelaar / Godard, Fellbach, Musikschule
11.11.2012 Bebelaar / Godard, Aidlingen Jazzfestival
11.11.2012 Bebelaar / Godard / Klink, Jazzclub in der Mitte, Reutlingen
12.11.2012 Bebelaar / Klink, Stadt Ehingen
17.11.2012 Bebelaar / Klink, Waldshut
6.12.2012 Bebelaar / Godard, Jazz Club Singen, Gems
7.12.2012 Bebelaar / Godard, Jazz im Staufenberger-Schloss, Albstadt
9.12.2012 Bebelaar / Klink, Esslingen Schlossscheune